z-logo
open-access-imgOpen Access
Where Roy Campbell stands
Author(s) -
Tony Voss
Publication year - 2013
Publication title -
literator
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.126
H-Index - 4
eISSN - 2219-8237
pISSN - 0258-2279
DOI - 10.4102/lit.v34i1.378
Subject(s) - appropriation , poetry , context (archaeology) , colonialism , romance , criticism , history , literature , sociology , art , philosophy , epistemology , archaeology
Al bly kritiese belangstelling in die werk van Roy Campbell nog steeds lewendig en sy posisie in die Suid-Afrikaanse literatuurgeskiedenis veilig, is hy nie ’n lewende aanwesigheid in die nuwe Suid-Afrika nie. Sy werk staan op die periferie van die metropolitaanse Engelse letterkunde, ’n klein voorbeeld van ’n meer algemene verskuiwing in wêreldkultuur. Waar staan Roy Campbell dan nou? Is daar ’n nuwe konteks vir sy werk? In ’n oorsig van ’n keuse uit die kritiek van die eerste dekade van die 21ste eeu, bevind die outeur dat Roy Campbell se werk met vrug gelees kan word in die konteks van die Grieks-Roomse klassieke erfenis wat hy omhels het en die Romaanse kultuur waarin hy hom gevestig het. Hierdie erkenning verryk die weerklank van Campbell se poësie en plaas hom in die geledere van ander kunstenaars wat weer onder die Europese dak ingebring is namate die koloniale toe-eiening van Afrika verbygaan.

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here