
The Tambani project: A computer animation of <i>The Greedy Hippo</i>
Author(s) -
Rita Swanepoel,
Christiaan Van der Westhuizen
Publication year - 2012
Publication title -
literator
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.126
H-Index - 4
eISSN - 2219-8237
pISSN - 0258-2279
DOI - 10.4102/lit.v33i1.27
Subject(s) - animation , computer science , outreach , documentation , transformation (genetics) , visual arts , argument (complex analysis) , reflection (computer programming) , production (economics) , folklore , multimedia , sociology , computer graphics (images) , art , literature , programming language , political science , biochemistry , chemistry , macroeconomics , law , economics , gene
Hierdie artikel bied ’n ondersoek na en refleksie op die tegnieke en die produksieprosesse wat gebruik is in die omskakeling van ’n tradisionele Ngano-Venda-volksverhaal, Die hebsugtige seekoei, vanaf borduurwerk in ’n digitale animasiefilm. Die artikel word gerig deur ’n metode wat afgelei is uit ’n praktykgebaseerde navorsingsmodel vir skeppende uitsette. Hierdie navorsingsmodel omskryf wyses waarvolgens skeppende uitsette as geldige navorsingsopsies gereken kan word. Die metode bestaan uit die dokumentering van en refleksie ten opsigte van die projek in drie fases, naamlik pre-produksie, produksie en post-produksie. Die Tambani-borduurwerkprojek is ’n gemeenskapsuitreikingsinisiatief wat deur Ina le Roux van stapel laat loop is. Ngano is die versamelwoord vir tradisionele Vendavolksverhale. In hierdie artikel argumenteer ons dat rekenaaranimasietegnieke wel suksesvol geïmplementeer word in die digitale omskakeling van ’n Venda-volksverhaal wat oorspronklik uit ’n mondelinge tradisie stam. Ons demonstreer hierdie argument aan die hand van Christiaan van der Westhuizen se omskakeling van Die hebsugtige seekoei in ’n rekenaaranimasie.