
The upholding of human rights by the courts during states of Emergency*
Author(s) -
Nic Olivier
Publication year - 1989
Publication title -
koers
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.166
H-Index - 5
eISSN - 2304-8557
pISSN - 0023-270X
DOI - 10.4102/koers.v54i4.861
Subject(s) - theology , die (integrated circuit) , political science , art , philosophy , engineering , mechanical engineering
Die onafhanklikheid van die regbank met betrekking tot die toepassing van die fundamentele prosessuele menseregte in Suid -Afrika vorm die onderwerp van hierdie oorsigartikel. Die raamwerk waarteen die huidige toepassing van dié regte ondersoek word, is die effek van die noodtoestandregulasies in Suid -Afrika sedert 1985 op die voortbestaan van dié regte met besondere verw ysin g na die rol van die howe in die verband. Hierdie toedrag van sake word gekontrasteer met die voorgestelde menseregteakte van die Suid -Afrikaanse Regskommissie, die IC L S (LWO) Declaration on Human Rights en die VN se Ontwerp Universele Deklarasie van die Onafhanklikheid van die Regbank. Die basiese internasionaal-erkende prosessuele menseregte word vervolgens kortliks bespreek. Na 'n uiteensetting van die Suid-Afrikaanse howe se interpretasie van die noodtoestandmaatreëls, word 'n aantal voorstelle vir die opname en implementering van die beginsels onderliggend aan die algemeen-aanvaarde prosessuele menseregte en die hierbovermelde dokumente gemaak