
The need for conservation of the built-up environment
Author(s) -
A.J. Van der Walt
Publication year - 1988
Publication title -
koers
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.166
H-Index - 5
eISSN - 2304-8557
pISSN - 0023-270X
DOI - 10.4102/koers.v53i1.869
Subject(s) - theology , art , word (group theory) , philosophy , linguistics
In hierdie artikel word betoog dat die beboude omgewing naas die natuurlike omgewing as deel van die mens se totale lewensruimte beskou moet word, en dat omgewingsbewaring ook ten aansien van die beboude omgewing nagestreef moet word. In hierdie verband het omgewingsbewaring hoofsaaklik met die afteruitgang en vernietiging van bestaande en kultureel belangrike omgewingsisteme en -prosesse te doen. Verskillende argumente oor die etiese basis van omgewingsbewaring word ondersoek en die gevolgtrekking word bereik dat daar nie 'n nuwe etiese teorie benodig word nie, maar wel 'n nuwe bewuswording van bestaande waardes, op grond waarvan omgewingsbewaring geregverdig kan word. Dit is verder noodsaaklik dat hierdie bewaringsetiek juridies erken en aanvaar word aangesien die reg 'n belangrike rol in die bewaringsproses sal speel. Aanvaarding van die bewaringsetiek ten opsigte van die beboude omgewing verg besinnlng oor die bewarings-waarde van die menslike kultuur, en verskillende aspekte hiervan word kortliks ondersoek. Ten slotte word die verband tussen omgewingsbewaring en die beplanning en beheer van grondgebruik en die funksie van die reg in hierdie verband kortliks uitgestip