
Suid-Afrika se dilemma: Uitdagings en geleenthede*)
Author(s) -
W. P. Robbertse
Publication year - 1980
Publication title -
koers
Language(s) - Bosnian
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.166
H-Index - 5
eISSN - 2304-8557
pISSN - 0023-270X
DOI - 10.4102/koers.v45i2.1152
Subject(s) - theology , art , philosophy
U ontvang vanaand almal sertifikate wat as bewys sal dien dat u ’n graad verwcrf het na volgehoue studie van minstens drie jaar. U moes baie toetse en ’n hele aan- tal eksamens slaag. Hierdie eksamens en evalueringstoetse is telkens gestel om u kennis te meet, naamlik die kennis wat u veronderstel was om van die bepaalde vak te verwerf het. En u het finaal gestaag: u het daardie veronderstelde kennis, inderdaad verwerf. Nou kom die groot vraag, seker die allerbelangrikste vraag wat ek vanaand aan u kan stel: wat gaan u met die verworwe kennis maak? Inderdaad ja, u het na die Universiteit gekom om u voor te berei vir die lewe. U wil as u hiervandaan vertrek (om dit nou maar gewoonweg te stel) toeberei wees om “ ’n lewe te gaan maak” , vir uself ’n lewe te gaan verdien. Is ek reg, of wil u, as u hiervandaan vertrek, die kennis wat u verwerf het gaan aanwend in diens van andere, d.w.s. van u naaste, die volk van wie u lid is, die land waarin u woon en wat ons almal liefhet