z-logo
open-access-imgOpen Access
Die bevordering van geesteswetenskaplike studie*)
Author(s) -
Marc Botha
Publication year - 1980
Publication title -
koers
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.166
H-Index - 5
eISSN - 2304-8557
pISSN - 0023-270X
DOI - 10.4102/koers.v45i2.1149
Subject(s) - theology , philosophy , art
Hierdie tema sou op ’n verskeidenheid van wyses aangepak kon word: Eerstens is dit moontlik om planne te bedink op grond waarvan die studentegetalle in die geesteswetenskappe verhoog sou kon word. Tweedens is dit moontlik om ’n soort wetenskaplike rasionalisasie te verskaf vir die feit dat die oënskynlik anachronis- tiese geesteswetenskappe nog steeds aangebied word in ’n tyd waarin die hele samelewing in die teken van die wetenskap en die tegniek staan. Dit sou natuurlik ook moontlik wees om die tema aan te pak vanuit ’n statistiese ontleding van die stand van die geesteswetenskappe en daardeur op tendense en ontwikkelingsrig- tinge te dui. Natuurlik sou daar voldoende grond wees om ook die hele kwessie van die gebrekkige finansiering van die geesteswetenskappe aan die orde te stel en ’n pleidooi te lewer vir beter salariëring van geesteswetenskaplik-geskooldes, beter beurse vir studente in die geesteswetenskappe en beslis meer geleenthede vir na- vorsing in die geesteswetenskappe. Voorts sou die uiteindelike werksituasie van die geesteswetenskaplik-geskoolde in oënskou geneem kon word. Indien daar ’n oor- skot van geesteswetenskaplik-geskooldes bestaan, sou dit geremedieer moes word en indien daar ’n tekort aan dergelike geskooldes sou bestaan, sou planne beraam moes word vir die aanmoediging van studie in hierdie rigting

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here