
Die wysgerige konsepsie van Thomas Van Aquino. Deel I: Sy Ontologie
Author(s) -
B.J. Van der Walt
Publication year - 1976
Publication title -
koers
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.166
H-Index - 5
eISSN - 2304-8557
pISSN - 0023-270X
DOI - 10.4102/koers.v41i2.1237
Subject(s) - theology , art , philosophy
Die arbeid van Thomas kan met dié van ’n elektriese trans- formator vergelyk word. Hy vang die strome van die verlede op en bring die worsteling en besinning van vele eeue in ’n sekere sin tot ’n afsluiting en ’n definitiewe resultaat. Die gedagtestrominge van die verlede word deur hom saamgebun- del en getransformeer tot ’n magtige konsepsie: so kragtig dat die impulse daarvan tot op die hede waameembaar is. Die weerklanke van sy gedagte klink deur tot vandag toe — nie net binne die Rooms-Katolieke Kerk, waar sy filosofie tot amptelike leer verklaar is nie, maar ook daarbuite