
Kerk en koninkryk
Author(s) -
S.J. Van der Walt
Publication year - 1969
Publication title -
koers - bulletin for christian scholarship
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.166
H-Index - 5
eISSN - 2304-8557
pISSN - 0023-270X
DOI - 10.4102/koers.v37i2.1301
Subject(s) - theology , art , philosophy
As ons vra wat die kerk is, moet ons onthou dat ons hier besig is met ’n geloofstuk van ons belydenis: „Ek glo aan ’n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges” (Apostoliese Geloofsbelydenis). Dit beteken nie dat die kerk onwerklik, irreëel, is nie, maar alleen dat hy na sy diepste wese deur die geloof alleen geken kan word (Hebr. 11 : 1). Net soos die geval is met die Bybel as ’n boek, is daar niks in of aan die kerk wat nie ook gewoon menslik gedui kan word nie, as ons nie deur die geloof verstaan en weet dat dit, as Liggaam van Christus, ten diepste die maaksel van God se hande is nie en dat dit alleen bestaan deurdat Christus deur sy Gees in die harte van die gelowiges woning maak nie