z-logo
open-access-imgOpen Access
Psigologiese benadering van pastorale arbeid
Author(s) -
D. J. Strümpfer
Publication year - 1969
Publication title -
koers
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.166
H-Index - 5
eISSN - 2304-8557
pISSN - 0023-270X
DOI - 10.4102/koers.v36i4.1303
Subject(s) - theology , philosophy , die (integrated circuit) , art , engineering , mechanical engineering
In die spreektaal van ons Afrikaanse kerke is ons lief om die bedienaar van die Woord aan te dui as „die predikant”, „die leraar” of „die dominee”. Miskien plaas ons met hierdie semantiese gebruik van terme wat lering en proklamering impliseer, ’n ongelukkige klem op die preekamp. Daarteenoor, het ons semanties miskien iets te leer van die Pinkstersektes wat die benaming „pastoor” verkies, of die Amerikaanse ge­ bruik van die term „the pastor”. Ons is wel lief om te praat van „ons herder en leraar”. Veelal word die herderlike, of pastorale, deel van die taak van die bedienaar van die Woord egter in sy eie gedagtes, asook in die gedagtes van sy gemeentelede, deur die leraarskap op die agtergrond gedwing. Al te dikwels word hy deur gemeentelede beskou as iemand wat op Sondag op die kansel gesien moet word en wat niks met die res van hul lewens te doen het nie. Herstel van die pastoraat sal deel moet wees van die proses om die ontkerstening van die hedendaagse lewe teen te gaan

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here