z-logo
open-access-imgOpen Access
Onderwysersopleiding*
Author(s) -
G. J. Du Toit
Publication year - 1968
Publication title -
koers
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.166
H-Index - 5
eISSN - 2304-8557
pISSN - 0023-270X
DOI - 10.4102/koers.v36i3.1296
Subject(s) - theology , art , philosophy
In die geskiedenis kom die verskynsel telkens voor dat besondere aandag aan die onderwys geskenk word in krisistye wanneer materiële teëslae ondervind word of wanneer ’n lewensbeskouing wat lank gehuldig is, teleurstel. Dit is dan ook begryplik dat die onderwys in die huidige tydstip van die dreigende verval van Westerse gesag deur toonaangewende lande aan indringende ondersoek onderwerp word. Bloot as verteenwoordiger van die Westerse beskawing in Afrika sou die Republiek van Suid-Afrika dus al dringende aandag aan die vraagstuk moes skenk van hoe die onderwys en opvoeding ten voordeligste aangewend kan word om die toenemende verval te help stuit en ’n nuwe periode van vooruitgang en beskawingsgroei teweeg te probeer bring. Maar die blanke volk hier te lande verkeer nog in ’n veel eiesoortiger en kwesbaarder posisie as die meeste Westerse nasies van wie hy afstam. Die feit bly staan dat ons ons vorm van beskawing nog nie onomkeerbaar in hierdie land gevestig het nie. Meer as enige land van Europa of die Nuwe Wêreld staan ons in gevaar van oorrompeling deur barbarisme wat van buite dreig. Om die rede kan ons miskien minder as enige ander land bekostig dat daar interne onsekerheid is oor wat ons as enkelinge en as volk nastreef, want dit kan in sy konsekwensie slegs tot twyfel en gebrek aan eenheid lei. As ons hierby voeg die noodsaaklikheid om binne dekades oor te skakel na ’n nog gekompliseerder nywerheidsamelewing, om ’n nuwe en menswaardige bedeling uit te bou vir die saambestaan van rasse van Europese, inheemse en Asiatiese oorsprong, elk met sy eie kulturele en tradisionele agtergrond, en om die volgehoue en toenemende internasionale druk op ons beleid die hoof te bied, dan is die omvang wat die onderwystaak in hierdie land aanneem duiselingwekkend

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here