z-logo
open-access-imgOpen Access
Afrikaans as sangtaal*
Author(s) -
Pierre de Villiers
Publication year - 1968
Publication title -
koers
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.166
H-Index - 5
eISSN - 2304-8557
pISSN - 0023-270X
DOI - 10.4102/koers.v36i3.1295
Subject(s) - theology , art , philosophy
Eerstens: Sang, wat een van die onderafdelings vorm van die breë begrip „musiek”, wat op sy beurt weer een van die vertakkings is van die nog breër begrip „kuns”. Aan definisies van kuns en meer spesifiek van musiek is daar geen gebrek nie. Laat ons vir die huidige volstaan met die volgende: Musiek is die sinvolle rangskikking van musikale klanke in ’n sinvolle ritmiese verband. Sang, as een van die middele waarmee musiek gemaak word, maak gebruik van die menslike stem wat daartoe in staat is om verskillende toonhoogtes voort te bring in ’n vinniger of stadiger opeenvolging met mekaar. Die menslike stem kan slegs een toonhoogte op ’n gegewe moment voortbring, en die derde groot element van musiek nl. harmonie (die ander twee is melodie en ritme en is implisiet in die bogenoemde definisie) kan alleen dán na vore kom wanneer een stem in kombinasie met een of meer ander stemme of instrumente aan- gewend word

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here