Open Access
Eksistensialisme in die Franse letterkunde
Author(s) -
A. A. Teurlinckx
Publication year - 1966
Publication title -
koers
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.166
H-Index - 5
eISSN - 2304-8557
pISSN - 0023-270X
DOI - 10.4102/koers.v33i6.1387
Subject(s) - theology , art , philosophy
Nooit sou die Franse jeug — en die van Europa en verder — in dié mate deur die eksistensialisme be'invloed gewees het nie, indien hierdie filosofie in wysgerige traktate sou begrawe gelê het. Die eksistensialiste het die koning van die filosofiese verhaal, Voltaire, met sukses op sy Candide- en Zadig-pad gevolg en hulle teorieë in letterkundige werke, ver- hale, romans en ook toneelstukke kwytgeraak, wat baie gelees is en waaruit ook ander literatore kragte en inspirasie geput het. Omrede daarvan is daar inderdaad baie eksistensialisme in die Franse letterkunde, maar ’n eintlike eksistensialistiese letterkunde was daar nie, en ’n Eksistensialistiese Letterkun dige skool het nooit bestaan nie. Ook sit hierdie eksistensialiste nie langs dieselfde vuur nie. Die Christelike eksistensialis Gabriel Marcel het op 21 April van hierdie jaar uitgevaar teen die „Sartriane” na aanleiding van die opvoering van Les Paravents, Die W indskerms van Jean Genêt in ’n Paryse staatsondersteunde teater. „Mens mag seker wees”, skryf Marcel in Les Nouvelles Littéraires, „dat die hele sartriaanse parogie sal skreeu: groot meesterwerk”. Voortgaande op sy distansiëring kan die literêre eksistensialiste in drie groepe ingedeel word: 1. Die Sartriane; 2. Die Christelike Eksistensialiste; 3. Die Onafhanklikes