
Ekumeniese kerkreg: Die aangewese weg?
Author(s) -
P J Strauss
Publication year - 2013
Publication title -
in die skriflig/in die skriflig
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2305-0853
pISSN - 1018-6441
DOI - 10.4102/ids.v47i1.73
Subject(s) - polity , theology , transcendental number , argument (complex analysis) , philosophy , politics , sociology , political science , law , biochemistry , chemistry , epistemology
Die argument word gehoor dat kerkregeringstelsels soos dié van die Rooms-Katolieke, Lutherse en gereformeerde kerke van ’n transendentale aard was en is. Daardeur word geïmpliseer dat hierdie stelsels een transendentale, unieke vaste beginsel gebruik om ’n hele stelsel van kerkregering van buite af te bepaal. Volgens Leo Koffeman, ’n voorstander van ’n ekumeniese kerkreg, plaas hierdie stelsels hulself hiermee buite die diskoers oor kerkreg en kerkregering en die beweging van die Heilige Gees. ’n Ekumeniese kerkreg, daarenteen, is ten gunste van ’n gemeenskaplike kerkreg tussen kerke. Omdat dit verskillende tradisies bymekaar bring, is dit ’n kritiese en daarom beter benadering. Die skrywer oorweeg hierdie argumente krities in die lig van ’n gereformeerde benadering tot kerkreg