
Hoe moet ’n Gereformeerde teoloog met die Bybel omgaan?
Author(s) -
T.J. van der Walt
Publication year - 2008
Publication title -
in die skriflig/in die skriflig
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2305-0853
pISSN - 1018-6441
DOI - 10.4102/ids.v42i4.290
Subject(s) - theology , philosophy
Ek verbeel my geensins dat ek oor die onderwerp wat aan my op- gedra is: “Hoe moet ’n Gereformeerde teoloog met die Bybel om- gaan?”, nou juis soveel nuuts sou kon sê nie. Ek doen dit omdat ons wel opnuut indringend hieroor rekenskap moet gee, en vanoggend se insette van my kant sou daartoe ’n beskeie bydrae kon lewer. Al hoe meer word besef, en ook uitdruklik gesê, dat die manier(e) waarop ons met die Bybel omgaan, aan die wortel lê van die sake waaroor daar tans ook in ons eie geledere heftige verskille, soms selfs driftige verskille, bestaan