z-logo
open-access-imgOpen Access
Kerkgroei: 'n Kritiese evaluering van die kernaspekte van die Church Growth Movement
Author(s) -
Flip Buys
Publication year - 1988
Publication title -
in die skriflig/in die skriflig
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2305-0853
pISSN - 1018-6441
DOI - 10.4102/ids.v22i87.1328
Subject(s) - theology , art , die (integrated circuit) , philosophy , engineering , mechanical engineering
Daar is nie ’n sendingwetenskaplike rigting in die wêreld wat groter en invloedryker is as die “Church Growth Movement” nie. Die U.S. Center for World Mission, onder leiding van Ralph Winter, wat in 1976 uit die “Church Growth Movement” ontstaan het, en wat die beskouings van die “Church Growth Movement” die sterkste wêreldwyd propageer, is ingerig op ’n voormalige universiteitskampus in Pasadena. Kalifornie. Dit beslaan ’n grondgebied van 35 akkers, en is die grootste instelling in die wêreld wat hom beywer vir sendingwetenskaplike navorsing en ondersteuning van sendingprojekte. Kantoorruimte, klaskamers, rekenaarfasiliteite, ’n biblioteek, slaapsale en ander bates is reeds meer as 25 miljoen dollar werd. Sendelinge van sewentig verskillende denominasies en genootskappe werk reeds daar saam in navorsingsprojekte en gevorderde opleiding en mobilisering van sendelinge. Die oorheersende doel is om teen die jaar 2000 die sendingtaak van die kerk voltooi te sien in dié opsig dat daar Christelike kerke onder al die 17 000 onbereikte volksgroepe van die wereld tot stand gekom het, (Vgl The U.S. Center for World Mission. 198?)

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here