
Antwoord op Deist se kritiek
Author(s) -
F. N. Lion-Cachet
Publication year - 1985
Publication title -
in die skriflig/in die skriflig
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2305-0853
pISSN - 1018-6441
DOI - 10.4102/ids.v19i75.1258
Subject(s) - theology , philosophy , art
F. E. Deist (Des. 1984: 47—56) het in sy reaksie op my kritiek op ’n ABC van Bybeluitleg (Maart 1984 : 38—51) geoordeel dat ons verskille op kenteoretiese vlak lê en sy hele diskussie daarvolgens gevoer. Hy het my nie t.o.v. my kernkritiek op die ABC geantwoord nie maar “my kenteorie” (waaroor dit nie in my kritiek gegaan het nie) as Platonies-realisties (Neoplatonies) gebrandmerk en aan homself ’n histories-kritiese kenteorie in die tradisie van (Vico, Spengler), Collingwood en Popper toegeëien. Na ’n paar inleidende vraagtekens, wat ek weer kan bevraagteken, het hy tot die aanval oorgegaan. Aanval is mos die beste verdediging. Hy soek dan na voorbeelde van my “Platoniese kenteorie” en nooi my dan uit om op kenteoretiese vlak verder met hom die gesprek te voer