
Die Neo-Marxistiese Politieke Teologie
Author(s) -
J.M. Vorster
Publication year - 1985
Publication title -
in die skriflig/in die skriflig
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2305-0853
pISSN - 1018-6441
DOI - 10.4102/ids.v19i75.1252
Subject(s) - theology , political science , art , philosophy
Die uitdrukking: Neo-Marxistiese Politieke Teologie is ’n versamelterm van al die kontemporêre teologiese strominge wat met die moderne samelewingsvraagstukke as hermeneutiese uitgangspunt en die Neo-Marxisme as polities-ideologiese voedingsbron die Bybel en die Christelike geloof interpreteer as ’n politieke kritiek en ’n sosiaalmaatskaplike verlossingsleer. Die belangrikste oorsese eksponente van hierdie rigting is Cox, Moltmann, Metz, Solle, Shaull, Fierro en Gutierrez. In Suider-Afrika word hierdie Teologie uitgebou en in die Suid-Afrikaanse konteks toegepas deur teoloë soos Banana, Boesak en Tutu