
Sleutelmag en amp
Author(s) -
P. J. Rossouw
Publication year - 1985
Publication title -
in die skriflig/in die skriflig
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2305-0853
pISSN - 1018-6441
DOI - 10.4102/ids.v19i74.1246
Subject(s) - theology , art , philosophy
As die Heidelbergse Kategismus (Sondag 31) handel oor die sleutels van die Koninkryk, dan word die betrokkenheid van die ampte slegs per implikasie veronderstel). Meer eksplisiet word die amp en sleutelmag in die Nederlandse Geloofsbelydenis gekoppel; “ons glo dat hierdie ware kerk ooreenkomstig die geestelike bestuurswyse wat ons Here ons in sy Woord geleer het, geregeer moet word... hulle (moet) sorg dra dat die ware godsdiens onderhou (word), die ware leer orals versprei, die oortreders op geestelike wyse vermaan en in toom gehou (word)... (N.G.B. art. 30) en: “Ons glo verder dat die regeerders van die kerk, al is dit nuttig en goed om onder mekaar ’n bepaalde orde tot instandhouding van die liggaam van die kerk in te stel en te handhaaf, tog noukeurig moet oppas om nie af te wyk van wat Christus, ons enigste Meester, vir ons ingestel het nie... Ons aanvaar derhalwe slegs wat kan dien om eendrag en eenheid te bewaar en te bevorder, en om alles in gehoorsaamheid van God te onderhou. Daarvoor is nodig die ban en alles wat daarmee saamhang, toegepas ooreenkomstig die Woord van God” (N.G.B. art. 32)