
’n Blywende teologiese onderstroming onder gereformeerdes?
Author(s) -
M. A. Kruger
Publication year - 1981
Publication title -
in die skriflig/in die skriflig
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2305-0853
pISSN - 1018-6441
DOI - 10.4102/ids.v15i60.749
Subject(s) - theology , art , philosophy
Sedert 1978 het dit al duideliker geword dat daar ’n nuwe teologiese onderstroming onder ons Gereformeerdes gekom het. Dit raak die homogene karakter onder lidmate in die GKSA-gemeenskap op ’n unieke wyse in die geskiedenis. Dit skyn asof die nuwe rigting tot ’n groot mate herhaal wat die NGKSA deurgegaan het in hulle stryd teen die Metodisme. Verskillende strominge het saamgevloei om hierdie nuwe stroming te laat ontstaan. Uiteindelik moet ’n mens dit kwalifiseer as ’n pentekostalisties-metodistiese stroming. Die Pentekostalisme is histories natuurlik ook nou verwant aan die Metodisme. Oorreaksie teen die Metodisme waardeur o.a. die gevoelselement in die godsdiens nie tot sy reg gekom het nie, was ’n belangrike stimulus vir die nuwe rigting