
Die vrou in die kerkgeskiedenis
Author(s) -
A. J. Boeseken
Publication year - 1980
Publication title -
in die skriflig/in die skriflig
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2305-0853
pISSN - 1018-6441
DOI - 10.4102/ids.v14i53.754
Subject(s) - theology , art , die (integrated circuit) , philosophy , engineering , mechanical engineering
Die onderwerp, "Die vrou in die kerkgeskiedenis” is so veelsydig as die lewe self en die eerste vraag wat opduik is: "Waar begin die kerkgeskiedenis?” Daaroor het in boeke wat in die dertigerjare van hierdie eeu geskryf is, geen eenstemmigheid geheers nie. In ’n beknopte geskiedenis van wat Spoelstra vir katkisante geskryf het, verduidelik hy dat die kerkgeskiedenis by Adam en Eva begin, terwyl in hul "Kerkgeskiedenis vir ons Volk” A. M. Kriel en G. B. A. Gerdener skryf dat die kerkgeskiedenis op die Pinksterdag begin. (Hiermee stem S. du Toit asook Spoelstra, Pont en Keet saam). G. S. Wegener sê in "Die Lewende Kerk” dat dit op Golgotha "in vertwyfeling, wanhoop en vrees” begin. Maar nou wil ek as "leek” en miskien as "ketter” van al hierdie geleerde uitsprake verskil. Vir my begin die kerkgeskiedenis met die opstanding van Christus uit die graf, toe Hy volgens Job. 20:7 aan Maria gesê het: "Gaan na my broeders en sê vir hulle: "Ek vaar op na my Vader en julle Vader en na my God en julle God”