
Genesis 1-3 en die Hedendaagse Gesagskrisis
Author(s) -
J. L. Helberg
Publication year - 1978
Publication title -
in die skriflig/in die skriflig
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2305-0853
pISSN - 1018-6441
DOI - 10.4102/ids.v12i45.1125
Subject(s) - theology , philosophy , art
Dit gaan in ons tyd in ’n besondere mate om ’n gesagskrisis. Hierdie krisis sluit ten nouste aan by die Skrifgesag, maar raak 00k die gesag in die algemeen. Die vraag is hier van pas of ons nie dalk van die gesagskwessie te veel ’n akademiese saak maak nie. Enersyds is die gevolg van so iets dat die hele saak betreffende Skrifgesag bloot as ’n stryd tussen teoloë gesien word waarby die ander gelowiges onbetrokke is. Andersyds kan dit die gevolg hê dat daar by ons as teoloë en ander gelowiges praktiese verwerping van die Skrifgesag is hoewel ons die gesag akademies of teoreties wel erken. Daarom moet daar breër by die gesagskwessie aangesluit en dan ook sekere lyne na die Skrifgesag getrek word. Slegs ’n paar aspekte word hier na vore gebring, veral in aansluiting by Gen. 1-3, maar ook by die verdere verband van die Ou Testament