
Goederevervoermarksegmente wat potensieel winsgewend deur spoorvervoer bedien kan word
Author(s) -
Wessel Pienaar
Publication year - 2020
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.36303/satnt.2019.38.1.735
Subject(s) - theology , psychology , philosophy
Hierdie oorsigartikel bied ’n uiteensetting van goederevervoermarksegmente wat potensieel winsgewend deur spoorvervoer bedien kan word. Die werkwyse word beskryf waarvolgens die marksegmentering wat vir die studie tersaaklik is, uitgevoer is. Ten aanvang word ondersoek watter vraagvereistes goedereversenders uit ’n doeltreffendheidsoogpunt aan ’n vervoerdiens stel. Dan word die ekonomiese kenmerke van die onderskeie goederevervoermodusse ondersoek om te bepaal watter kenmerke uit ’n kostedoelmatigheidsoogpunt by die aanbod van ’n vervoerdiens bepalend is. Uit hierdie vraag-en-aanbod-oorwegings is ’n sintese van die vyf modale segmente van die goederevervoermark opgestel, naamlik lug-, pad-, spoor-, pypleiding- en skeepsvervoer. Binne die modale spoorgoederevervoermark in die besonder word ses potensieel winsgewende subsegmente geïdentifi seer. Hierdie subsegmente word bepreek aan die hand van die volgende vier kenmerke wat elkeen tipeer: (1) soort treine aangewend, (2) soort trokke benut, (3) soort eindpunte gebruik en (4) soort goedere vervoer. Die geïdentifiseerde subsegmente van die spoorgoederevervoermark is soos volg: (1) losmaatgoederevervoer, (2) grootmaatvervoer van (a) mynbouprodukte, (b) vloeistowwe en (c) graan; (3) op-enafrydienste en (4) standaard-intermodale houervervoer.