z-logo
open-access-imgOpen Access
Tegniek as bemiddeling tussen lewensritme en kosmiese ritme?
Author(s) -
Ernst Wolff
Publication year - 2009
Publication title -
the journal for transdisciplinary research in southern africa
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2415-2005
pISSN - 1817-4434
DOI - 10.4102/td.v5i2.134
Subject(s) - theology , art , philosophy
Die doel van hierdie artikel is om na te dink oor ’n merkwaardige gebeurtenis waarin spitswetenskap en kuns mekaar ontmoet het: die astroseis- mologie van Conny Aerts en die komposisie van Willem Boogman. Op die punt van ontmoeting, tussen hierdie andersins uiteenlopende praktyke, is (1) ’n naden- ke oor ritme en ritmering, (2) wat tegnies bemiddel is en oor (3) die verhouding tussen die alledaagse lewenswêreld en die enormiteit van die kosmos wat daar- deur getematiseer word. Nadat die agtergrond van hierdie ontmoeting uiteengesit is, word ’n fenomenologiese analise van die komplekse weefsel van lewensritme uitgewerk om aan te toon hoe laasgenoemde deur vertroudheid gevorm word en wat die tegniese aard daarvan is. Daar word betoog dat ’n gelukkende lewen- skarakter hiervan afhanklik is. Lewensritme neem egter vorm aan onder druk van sosiale interaksie en van kulturele intervensies. In ’n wêreld wat onder die invloed van Westerse wetenskap staan, word mense se lewensoriëntering meesal geken- merk deur ’n verlies aan kosmiese lewensoriëntasie. Die vooruitsig dat hierdie verlore band tussen die mens en die kosmos deur wetenskap of kuns (of albei) herwin kan word, word aan kritiese nadenke onderwerp

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here
Accelerating Research

Address

John Eccles House
Robert Robinson Avenue,
Oxford Science Park, Oxford
OX4 4GP, United Kingdom