Blended interaction: Implementing a bring-your-own-device approach versus provided tablet computers
Author(s) -
Jako Olivier
Publication year - 2016
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v35i1.1391
Subject(s) - class (philosophy) , context (archaeology) , computer science , mobile device , blended learning , higher education , qualitative property , human–computer interaction , multimedia , mathematics education , educational technology , world wide web , psychology , artificial intelligence , political science , machine learning , biology , paleontology , law
Effektiewe interaksie in klasse en intydse terugvoer is uitdagings wat in enige klaskamer na vore kan kom. In hierdie verband kan mobiele tegnologieë as ’n aanvulling dien in ’n sogenaamde vervlegte konteks. Hierdie artikel ondersoek die rol wat ’n bring-jou-eie-toestelbenadering kan speel, teenoor soortgelyke verskafde tabletrekenaars met betrekking tot interaksie en terugvoer in ’n linguistiekklas op derdejaarsvlak op universiteit. Op hierdie wyse word die leemte in die literatuur rondom die implementering van vervlegte leer in hoër onderwys in Suid-Afrika en veral met betrekking tot die bring-jou-eie-toestel-benadering aangevul. In dié navorsing is ’n gevallestudie-ontwerp ingespan en is die data van twee groepe derdejaars deur middel van kwalitatiewe metodes ingewin. Gebruikerstatistiek uit ’n leerbestuurstelsel is ingewin, maar die kerndata het bestaan uit waarnemings en refleksies van die dosent, sowel as terugvoer van studente deur middel van kort vraelyste. Hierdie data is op ’n induktiewe wyse geanaliseer en gekodeer ten einde relevante temas en kodes te identifiseer. Beide ’n bring-jou-eie-toestel-benadering en die gebruik van verskafde tabletrekenaars kon interaksie en intydse terugvoer effektief in die klaskamer fasiliteer. Afgesien van die voordele, is by beide benaderings beperkings met betrekking tot toegang en vaardighede by studente geïdentifiseer. In hierdie spesifieke konteks blyk die bring-jou-eie-toestel-benadering as die beste opsie, maar in ander kontekste sal oplossings pasgemaak moet word
Accelerating Research
Robert Robinson Avenue,
Oxford Science Park, Oxford
OX4 4GP, United Kingdom
Address
John Eccles HouseRobert Robinson Avenue,
Oxford Science Park, Oxford
OX4 4GP, United Kingdom