z-logo
open-access-imgOpen Access
The distribution and habitats of Chambardia wahlbergi and Chambardia petersi (Bivalvia: Iridinidae) in South Africa.
Author(s) -
K.N. De Kock,
C.T. Wolmarans
Publication year - 2012
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v31i1.39
Subject(s) - habitat , geography , national park , data deficient , distribution (mathematics) , altitude (triangle) , conservation status , ecology , biology , archaeology , mathematical analysis , geometry , mathematics
Die verspreiding en habitat van Chambardia wahlbergi en C. petersi, soos weerspieël deur data in die databasis van die Nasionale Varswaterslakversameling (NVWSV) word weergegee en bespreek. Alhoewel die verspreiding van hierdie twee spesies grootliks in die Limpopo- en Mpumalangaprovinsie oorvleuel, kom C. wahlbergi, anders as wat in die literatuur gerapporteer is, ook in die Noordwes- en Vrystaatprovinsie in die wesvloeiende Vaalrivier en in verskeie lokaliteite in die Gautengprovinsie voor. Die meerderheid monsters van beide spesies is in riviere en damme en in watertoestande wat as standhoudend, staande, helder en vars beskryf is, versamel. Multivariansie-analises het temperatuur, hoogte bo seevlak en waterliggame as faktore uitgewys wat betekenisvol tot hul geografiese verspreiding bygedra het. Min is oor die bewaringstatus van hierdie twee spesies bekend, maar die opgedateerde IUCN Rooidata-lys (Seddon et al. 2011) dui albei as nie-bedreig aan. Die meerderheid rekords van beide spesies in die databasis van die NVWSV spruit uit werk tydens die vorige eeu in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW). Meer onlangse versamelings deur die outeurs in die NKW dui egter op ‘n afname in die aantal plekke van voorkoms, asook die getalle per versamelpunt wat aan die hand doen dat daar tog rede tot kommer oor hul voortbestaan mag wees. Die feit dat besonder groot eksemplare van C. wahlbergi tot so onlangs soos 2007 meestal toevallig in die Vaalrivier aangetref is, beklemtoon die behoefte om weer omvattende opnames van varswater Mollusca, soortgelyk aan dié van die vorige eeu, van stapel te stuur om die gedokumenteerde verspreiding op te dateer en ook die vordering van eksotiese indringerspesies te moniteer

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here
Accelerating Research

Address

John Eccles House
Robert Robinson Avenue,
Oxford Science Park, Oxford
OX4 4GP, United Kingdom