z-logo
open-access-imgOpen Access
Metateoretiese vertrekpunte ten opsigte van wetenskaplike navorsing in gemeentebediening
Author(s) -
Gert Breed
Publication year - 2013
Publication title -
in die skriflig/in luce verbi
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2305-0853
pISSN - 1018-6441
DOI - 10.4102/ids.v47i1.88
Subject(s) - theology , art , philosophy

Hierdie artikel is deel van ’n reeks oor die verrekening van die metateoretiese vertrekpunte in die wetenskap van Praktiese Teologie. Die eerste fase van die reeks bied die teoretiese onderbou vir die werklikheids-, hermeneuties- en wetenskapsteoretiese beskouing van die vak. Die tweede fase fokus op die invloed wat hierdie vertrekpunte op die wetenskaplike navorsing van die verskillende vakgroepe in die Praktiese Teologie het. Hierdie artikel handel oor die wetenskaplike benaderingswyse tot die navorsingsveld van gemeentebediening. In hierdie artikel word die persoonlike metateoretiese perspektief waarmee die vakgebied van gemeentebediening benader word, uitgespel en verantwoord ten opsigte van die volgende: die werklikheidsbeskouing waarmee daar op die navorsingsveld van gemeentebou gefokus word; die onderbou van die hermeneutiese beskouing wat nodig is om tot ’n verstaan te kom en tot ’n verantwoordbare verhouding tussen die elemente wat in die gemeentebouproses ter sprake kom; en ten slotte om die wetenskapsteoretiese benadering waarmee die navorsingsveld van gemeentebou op ’n wetenskaplik-verantwoorde wyse ondersoek kan word, te beskryf.

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here
Accelerating Research

Address

John Eccles House
Robert Robinson Avenue,
Oxford Science Park, Oxford
OX4 4GP, United Kingdom