z-logo
open-access-imgOpen Access
Stiegler en die hedendaagse kultuur : te vlak vir woorde?
Author(s) -
Bert Olivier
Publication year - 2018
Publication title -
de uil van minerva
Language(s) - German
Resource type - Journals
ISSN - 0772-4381
DOI - 10.21825/uvm.v30i2.8583
Subject(s) - die (integrated circuit) , theology , philosophy , computer science , operating system
Wanneer ‘n mens die werk van Bernard Stiegler onder oë kry, weet jy dat jy hier met ‘n filosoof te make het wat nie bang is vir die spreekwoordelike duiwel nie. Hy huiwer nie om dit by name filosofies te takel en tot verantwoording te roep in sy boek, For a New Critique of Political Economy nie, waar hy onomwonde die huidige ekonomiese stelsel vir die huidige veelvormige wêreldkrisis blameer. Ek benut doelbewus die term “duiwel” hierbo. Immers: indien iemand my sou vra waarin die “duiwel” vandag beliggaam word – nie in die sin van ‘n konkreetbestaande, andersins mitologiese wese nie, maar bloot as simoniem vir boosheid – sou ek sonder om te aarsel antwoord dat dit die neoliberale kapitalisme is, veral vir sover die onvoorwaardelike rol van die winsmotief, gekoppel aan ongebreidelde ekonomiese groei, tot die vernietiging van sosiale asook natuurlike ekosisteme lei. Dit is dermate die geval dat ‘n sisteemwetenskaplike in 2012 sy lesing by ‘n internasionale konferensie in San Francisco aangekondig het met die titel: “Is Earth F**ked?” En toe ‘n joernalis wat, soos die meeste teenwoordiges, nie al die tegniese verduidelikings kon begryp nie, ‘n direkte antwoord op hierdie vraag versoek het, was die wetenskaplike se antwoord: “More or less”.

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here
Accelerating Research

Address

John Eccles House
Robert Robinson Avenue,
Oxford Science Park, Oxford
OX4 4GP, United Kingdom