
Twyfelaars wat glo
Author(s) -
Cas Wepener
Publication year - 2021
Publication title -
stellenbosch theological journal
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2413-9467
pISSN - 2413-9459
DOI - 10.17570/stj.2021.v7n1.br1
Subject(s) - theology , philosophy
Die treffende titel Twyfelaars wat glo kom uit ʼn gedig van I.L. de Villiers getiteld “Balansstaat”. Die boek se opset in sy geheel herinner aan ʼn soort balansstaat en die “weegskaal” waarna daar ook in dieselfde gedig verwys word. Wanneer die een skrywer sy twyfel en kommer verwoord, en die skaal se balans na die een kant kantel, kom die weerwoord van die gespreksgenoot en vriend, lig die arm wat gekantel het, en word die balans herstel. Die balans hou egter nie lank nie. Die skaal in Twyfelaars wat glo bly dinamies; soos geloof en soos twyfel as integrale deel van geloof, bly dit ʼn voortdurende stryd, of soektog of reis, en beleef die leser hoe die gewigte op die skaal telkens geplaas en weggevat word sodat die arms voortdurend kantel.